Met 4 platinum en 3 goue albums, ‘n lang lys top 10 treffers en sowat 133 lewendige
optredes per jaar bly Elvis een van die hardwerkendste en besigste kunstenaars in
Suid Afrika, met sy passie om sy musiek by ieder en elk uit te bring ‘n sterk dryfveer.
Sy gewildheid steek ook aan sy vermoë om aanklank te vind by oud en jong, Engels
of Afrikaans en om reg oor hierdie twee genres kwaliteit musiek te kan maak. Dit is
moontlik omdat Elvis self al die pad van beide voorspoed en teespoed gestap het,
wat hom die plat op die aarde aanslag in sy musiek gee waarmee soveel mense van
elke sfeer van die lewe kan identifiseer.

Elvis het ‘n huishoudelike naam geword as die wenner van die SA Idols kompetisie
wat onselfsugtig sy wengeld met die L’loyd Cele gedeel het wat die tweede plek
verwerf het. Sy eerste album na die wen van die kompetisie het binne 28 dae ná
vrystelling reeds goue status bereik en ‘n paar maande later het die album platinumstatus
bereik en is met ‘n SAMA bekroon vir Beste Volwasse Kontemporêre Album.
Die opvolg album van 2013, genaamd Journey is met nie minder nie as 3 SAMAnominasies
ontvang, naamlik Manlike Kunstenaar van die Jaar, Album van die Jaar
en Liedjie Van Die Jaar vir Lifeline, en het met die louere weg gestap in die Album
van die jaar kategorie. Met Afrikaans het Elvis weereens voorgeloop by die SAMAtoekennings,
toe die album bekroon is as die Beste Afrikaanse Volwasse
Kontemporêre Album. Hierdie album het Elvis sommer op dag een van uitryk die
eerste Afrikaanse sanger gemaak wat daarin kon slaag om op die Top Tien in die
iTunes Stores te pryk. Afrikaans, ‘n platinum verkoper, het ook Album van die Jaar
en Beste Manlike Kunstenaar by die Ghoema Toekennings in 2014 ingepalm.
Daarbenewens het Afrikaans ook die Huisgenoot Tempo-musiektoekenning vir
Beste Kontemporêre Album. Elvis is ook in 2015 deur sy eweknieë vereër in die wen
van die Wawela Musiek toekenning vir Beste Manlike kunstenaar en Komponis – ‘n
gesogte toekenning deur SAMRO uitegryk. ‘n Kort 5 jaar na sy idols wen staan Elvis
reeds kop en skouers uit as die mees suskesvolle SA Idols wenner van alle tye.
Nog ‘n 2015 hoogtepunt vir Elvis was sy samewerking met die doyenne van
Afrikaanse musiek, Laurika Rauch. Onder die direksie van Deon Opperman, het
hulle produksies Hart en See reeds reg oor die land opspraak gemaak en kan ook
selfs op DVD gesien word. Die produksies, wat ook vir ‘n Kanna genomineer is, het
die kategorie vir “Beste Live DVD” by die 2016 Ghoema’s gewen. Tesame met
Ghoemas vir Beste Luitoon, Manlike kunstenaar van die jaar, Beste liedtjie skrywer,
Beste kontemporêre album deur ‘n manlike kunstenaar en Album van die Jaar vir
“Erens in die middel van nêrens” en Beste musiek video vir “Die Hemel” het Elvis
met 7 Ghoema’s ‘n rekord gebreek as kunstenaar met die meeste Ghoemas ooit.
“Erens in die middle van nêrens” wen ook in 2016 ‘n SAMA as Album van die jaar.
In dieselfde jaar ryk Elvis ook ‘n Engelse album uit, genaamd “Optics”, met die
eerste enkelsnit “The Tide” wat vir hom ‘n Wesk Kaap Bokkie toekenning afwerp vir
beste musiek video, en ‘n OFM toekenning vir beste plaaslike album.
In 2017 stel Elvis “Die Brug” vry, wat sy liedjieskryf en kreatiewe talent tot en met
vertoon, deur die kombinering van traditionele Afrikaanse instrumente met Afrika
ritmes. Die vars klanke van die album het ook by die publiek aanklank gevind, en
Elvis wen weer Album van die jaar by die Wes Kaap Bokkies, kry nog ‘n Tempo
nominasie en die Album loop weer met die top plek weg by die OFM toekennings as
album van die jaar. Die Brug maak Elvis weereens die voorloper moet Ghoema
nominasies vir 2018, 7 in totaal, en Elvis stap weg met die Ghoema vir Beste
Komposisie!

As kunstenaar wat basies “permanent” op toer is, is Elvis ‘n gewilde gesig by feeste
reg oor die land. Sy vertonings is van internationale standaard, en die feit dat hy die
geleentheid gehad het om vir masiewe internationale kunstenaars op toer in SA,
soos UB40, Bon Jovi en Bruce Springsteen kon oopmaak, spreek daarvan. Sy
vertonings is elke jaar oorspronklik en vars, en in 2018 kry feesgangers die
geleentheid om ‘n optrede konsep te beleef wat nog nooit in SA gedoen is nie. Elvis
se produksie “SAAM”, sit Elvis en sy orkes letterlik in die middle van die gehoor, vir
‘n musiek ervaring wat beide intens en intiem is. Die produksie het reeds ‘n
Woordfees toekenning vir Beste produksie deur ‘n Solo-Kunstenaar ingepalm!
Elvis is ‘n man met ‘n groot hart, wat ook bekend is vir sy aanwending van sy media
platform vir liefdadigheids werk. Elvis is ‘n ambassadeur vir CANSA en doen veel om
bewustheid te kweek. Vele hospice patiente sal getuig van sy onverwagse
invalletjies by behandelings sentrums reg oor die land, kitaar in die hand. Verder
beywer Elvis hom ook vir Casterbridge Musiek Akademie waar minder bevooregte
kinders aan musiek en instrumente bloodgestel word, asook vir Life Community
Services in George waar baie kinders se lewens aangeraak word. Sy eie initiatief,
genaamd “The Cookiejar”, maak dit moontlik vir enige een wat ‘n optrede bywoon
om ‘n direkte verskil te maak deur ‘n eenvoudige bydrae van los kleingeld en in 2016
het Elvis en sy span meer as R90 000 ingesamel vir spesifieke Projekte en in 2017
reeds oor die R100 000 vir verligting na die Tuin Roete brande.
Oorspronklik, ‘n baanbreker, passievol Suid Afrikaans, ‘n industrie kenner, ‘n storie
man, ‘n man op ‘n missie. Dit is Elvis Blue.

Deure open 18:30 en die vertoning sal om 20:00 begin. Kaartjies is aanlyn beskikbaar teen R150 per persoon.

Location: Reed Valley Wine Farm