Harrebaard is die band wat te sien is op die werklikheidsreeks, “Die Ooms se Band”, en hulle keer in Junie terug vir ’n tweede reeks op Via (DStv-kanaal 147). Hierdie keer sal die OOMS aka Harrebaard deur Suid-Afrika toer en een van die episodes van die nuwe reeks sal op Sondag, 22 Julie by ReedValleyopgeneem word!

As hulle die jongklomp kan laat wals en die ou tannies woes kan laat kuier, sal Harrebaard, die rockgroep wat bestaan uit Pierre van Pletzen (Oubaas van 7de Laan), Frank Opperman, Marshal Harmse en Leon Ecroignard, gelukkig wees.

“Die idee is dat ons van die jongste van die jong klomp, tot mense ouer as ons, kan vermaak met ons musiek,” se Van Pletzen, wat tromme speel vir die groep.

600 000 mense het die eerste reeks gekyk en die tweede reeks beloof om weer baie pret en goeie musiek te verskaf.

Die groep, wat in die hartjie van Melville in Johannesburg oefen, het begin toe Van Pletzen saam met Opperman ’n item van hul kluitklaplysie wou afkrap: Om ’n musiekgroep te begin.

Gaste moet asseblief hul sitplekke vanaf 15:00 inneem en die vertoning sal om 16:00 begin. Kaartjies is aanlyn beskikbaar teen R150 per persoon.

Location: Reedvalley Wine Farm, R327 Herbetsdale Road, Mossel Bay