ATKV Hartentbos – Sakpas-gesinsvakansies by die see is moontlik met ATKV-Hartenbos se verskillende soorte akkommodasie waar jy per eenheid betaal en nie per persoon nie.

ATKV-Hartenbos het inderdaad selfsorg-akkommodasie vir ’n ieder en ’n elk.

ATKV Hartenbos

 

Carney-kamers

Selfsorgeenhede vir 4 persone. Kombuis met ‘n tweeplaatstoof en yskas. Gesamentlike ablusiegeriewe vir mans en dames.
4-bed Carney-kamer

Carney-woonstelle

Selfsorgeenhede vir 4 persone met ‘n volledig toegeruste kombuis en ‘n privaat badkamer.
4-bed Carney-eenheid

Kothuise

Eenhede vir 5 persone. ‘n Volledig toegeruste kombuis en woonvertrek met DStv.
5-bedkothuis

Oranjehof-kamers

Kamers vir 2 en 3 persone in ‘n hostel wat toegerus is met ‘n yskas, breekgoed en ketel. Gemeenskaplike kooklokaal en ablusiegeriewe.
2-bed Oranjehof-kamers
3-bed Oranjehof-kamers

Rondawels

Selfsorgeenhede vir 2 tot 4 persone.
2-bedrondawel met badkamer
2-bedrondawel sonder badkamer
3-bedrondawel
4-bedrondawel (2 slaapkamers)
4-bedrondawel (Oranjehof)
4-bedrondawel (Rivieroewer)

Skakelhuise

Drie eenhede vir 6 persone.
6-bedskakelhuis (2 slaapkamers)

Strandhuise

Eenhede vir 6 persone bestaande uit 2 of 3 slaapkamers, ‘n volledig toegeruste kombuis/woonvertrek, DStv, lugverkoeling, asook onderdak parkering en -braaigeriewe.

Een eenheid vir 8 persone: 1 slaapkamer met ‘n dubbelbed en 3 slaapkamers met 2 enkelbeddens elk. Volledig toegeruste kombuis/woonvertrek, DStv, lugverkoeling, asook onderdakparkering en -braaigeriewe.
6-bedstrandhuis (2 slaapkamers)
6-bedstrandhuis (3 slaapkamers)
8-bedstrandhuis (4 slaapkamers)

Woonwa- en kampeerterrein

ATKV-Hartenbos is ‘n uitsoekplek vir ’n heerlike woonwavakansie. Elkeen van die meer as 570 staanplekke is toegerus met ’n 220 V/10 A-kragpunt.
Kampering

Tariewe

Vir ‘n meer gedetailleerde beskrywing van die verskillende soorte huisvesting en tariewe, klik op die Tariewe-skakel onder aan.

*As gevolg van die opgradering van verskeie verblyfeenhede die afgelope tyd mag dit wees dat die beskrywings en foto’s van eenhede verskil van mekaar en ook verskil van die beskrywing op die tariefkaart. Ons is besig met die bywerking van die tariefkaart sowel as die foto’s en beskrywings en poog om dit so spoedig moontlik op die webwerf te laai. Ons sê byvoorbaat dankie vir jou geduld. Indien daar enige onsekerheid is oor ‘n verblyfeenheid se beskrywing, fasiliteite en gepaardgaande foto’s, is jy welkom om die betrokke oord te skakel of ons sentrale besprekingskantoor by 011 919 9092.

Aktiwiteite by die oord

  • Buiteswembad en warm binnenshuise swembad
  • Minigholf
  • Wipmatte
  • Speletjiesarkade

 

Die ATKV-Hartenbos-museum bied ’n terugblik op die Groot Trek. Die jongste toevoeging tot die museum is die Hartenbos-kamer wat die geskiedenis van die dorp uitbeeld.

Hartenbos se unieke staproete al langs die strand bestaan uit marmerblokke met uittreksels uit die gedigte van 16 digters uit verskillende tydperke wat die afgelope eeu se Afrikaanse digkuns verteenwoordig. Al die gedigte het die see as onderwerp.

ATKV-Hartenbos is die enigste oord wat nie die dagbesoekersbeleid toepas nie, omdat die oord binne-in ‘n dorp geleë is en daar nie toegangsbeheer toegepas kan word nie.

 

 

Contact Owner

Leave a Review

Price
Location
Staff
Services
Food
Publishing ...
Your rating has been successfully sent
Please fill out all fields
Captcha check failed